ENVIAR LETRAS
Top 100
Lançamentos de álbuns
Artistas
Comunidade
francês
Espanhol
Português
corrija a letra Letra
Parkiebank, Herfs 2017
por
Fokofpolisiekar
Retornar
Letra
Jy mag jouself dalk vind In die middel van die dag Op 'n parkiebank sit En dan dink jy: "Hoe bekostig hierdie mense hierdie Europese karre En palasale Toskaanse tronke" Jy mag dalk dink, in 'n arm land is rykdom 'n skande Maar iemand is altyd ryker as almal anders Jy mag dalk dink: "Wat doen ek Dat ek in die middel van die dag op 'n parkiebank kan sit?" En dan raak ek bly Want wat is daar om te doen? Wie probeer ek beïndruk? En dan dink jy by jouself: "Ek gaan nie my hele lewe lank werk Om eendag niks te kan doen nie" Ek gaan sommer nou begin Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nê? Wat maak ons nog hier? Hierdie plek is nie ons sin nie Huis is waar jou mense is My mense het nie tuisland nie Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie Wat maak ons nog hier? Miskien dink jy by jouself: "Ek is 'n produk. Ek is 'n bemarkingsveldtog. Ek is 'n kommoditeit Dis nie hoe ek my kinders wil grootmaak nie" Die middelklas is 'n buffer en ons moet hier uit Want die honger mense bly nie lank honger nie Die malles het beheer van die malhuis geneem En kom al hoe nader aan die kluis In die donker is die blinde een koning Maghonger koning maak, maghonger volgelinge En die koning bly nie lank op sy troon nie Ek lê op die gras en luister Lukas Maree Ek vermoed die hart werk soos die weduweë se kruik: Haar hart is seer, want haar man is dood En ek kan dit op my vingers tel wat vir my belangrik is Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nè? Wat maak ons nog hier? Hierdie plek is nie ons sin nie Huis is waar jou mense is My mense het nie tuisland nie Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie Wat maak ons nog hier? Wat maak ons nog hier? Wat maak ons nog hier? Wat maak ons nog hier? Wat maak ons nog hier? Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nê? Wat maak ons nog hier? Hierdie plek is nie ons s'n nie Huis is waar jou mense is My mense het nie tuisland nie Ons doen nooit wat ons se ons gaan nie Wat maak ons nog hier?
vídeo de música
Seu nome será publicado. Deixe os campos em branco para permanecer anônimo.
Enviar
Modal title
×
Adicionar mídia
Video URL?
(YouTube, Vimeo, Instagram, DailyMotion, Soundcloud)
×
Lembre de mim
Senha perdida
Entrar
Registrarse