AJOUTER PAROLES
Top 100
Sorties d'albums
artistes
Communauté
Espagnol
Portuguais
Anglais
Correction Paroles
Oop Vir Misinterpretasie
par
Fokofpolisiekar
Retour
Paroles
Net die skoon word vermoor Net die sag kry seer Net die jonk glo Soos wat net die jonk van hart kan glo Elke jaar gaan vinniger verby Daar is geen konstantes nie My ideaal is net 'n skadu teen die muur Kunsmatig of nie Dis my kennis, my vuur Alhoewel mens nooit kan seker wees oor enige iets nie My skoene is deur vroue slawe in die verre-ooste gemaak Dis nie my skuld nie My korttermyn geheue verval Tersiere opvoeding nietig verklaar Dis nie my skuld nie Net die skoon word vermoor Net die sag kry seer Net die jonk glo Soos wat net die jonk van hart kan glo Elke jaar gaan vinniger verby Moet nie bekommer nie Jou verbeelding spring jou voor Dit was nog altyd so 'n mens kan baie praat Tog sukkel om sin te maak Almal weet perspektief Is nie 'n speelding nie My vriende se bediendes het hulle met liefde groot gemaak Dis nie my skuld nie Ek herinner myself aan my pa Hulle moes grens toe gaan Dis nie my skuld nie Net die skoon word vermoor Net die sag kry seer Net die jonk glo Soos wat net die jonk van hart kan glo
clip
Ton pseudo sera publié. Laisses les champs vide pour rester anonyme.
Soumettre
Modal title
×
Ajouter un média
Video URL?
(YouTube, Vimeo, Instagram, DailyMotion, Soundcloud)
×
Se souvenir de moi
Mot passe oublié
Connectes-toi
M'inscrire